Cheerleading

Ons is bevoorreg om die jaar 2023 n cheerleaders afdeling te begin by ons skool. Ons spog met nie net 1 span nie maar ń senior en junior span.

Ons cheerleaders het reeds in ons eerste jaar aan verskeie optredes en kompetisies deelgeneem.

Ons het die jaar ook deelgeneem aan die Talent Amerika en ons het weg gestap met ń HIGH GOLD vir albei spanne.

Hierdie is nog net die begin en ons het nog baie planne vir die toekoms

Mini Sport

Laerskool Risiville bied leerders kans om mini sport te beoefen en vaardighede te ontwikkel.

Mini  sport is vir die volgende verskeie ouderdomme in die betrokke sporte.

Netbal Gr R – 3
Rugby Gr R – 2
Krieket Gr R – 2
Hokkie Gr R – 4

Atletiek

Ons atletiek seisoen strek vanaf Januarie tot Maart ,in 2023 het ons reeds begin met voorbereiding vir 2024. Ons spog met ‘n pragtige 400m atletiekbaan wat tot 8 leerders op die draaie kan hardloop en 10 bane vir die 100m,80m en 60m.

In 2023 spog ons met 27 leerders wat D7 klere behaal. Daar het ook twee van ons leerders gekwalifiseer vir die SA kampioenskappe.Ons Interlaer word jaar na jaar aangebied by Ls Risiville. Ons is deel van die D7 Suid kring waar ons nou al baie jare gekroon is as kampioene.Ons probeer om ons atlete soveel as moontlik blootstelling te gee met genoeg byeenkomste waar die leerders teen die beste kan deelneem, hier is net ‘n paar om te noem vir 2024: Laerskool Mooirivier prestige byeenkoms,Roodekrans prestige byeenkoms,Super 8 by Risiville en Top 20 atletiek aangebied in Roodepoort.

Daar is ook afrigters wat spesialieer in verskeie items wat oefen van 16:00 tot 17:00. Laerskool Risiville spog ook met 2 nuwe items wat ons vanaf 2023 aanbied: skyfwerp en spiesgooi, ons is die enigste skool in die vaaldriehoek wat die items aanbied.

Rugby

Risiville-Rugby het in 2023 ‘n besonderse jaar gehad.

Ons eerste span het die super 8 gewen in Kroonstad en die res van ons spanne het tweede geëindig. Met die goeie resultate het ons skool weggestap as die Algehele wenners van die Super 8 2023.

Uit die 5 ligas waarin ons spanne gespeel het, het ons 3 bekers ingepalm in die ELITE-Liga.

0/9, 0/11, 2des  – Wenners
1stes – Naaswenners

Netbal

Laerskool Risiville se netbal is van hoe gehalte en stap in 2023 weg met die Trofee vir top netbal skool in die Super 8 reeks waar ons algeheel eerste eindig. 

Ons het ook 0/10A, 0/12B en 0/13A wat in 2023 elk eerste in hulle liga’s geindig het. Al die ander spanne behalwe een behaal 2de plekke in hulle onderskeie ligas.

Die oopspan behaal ook n 14de plek op Gauteng.

Landloop

By Risiville is landloop ‘n sport waarby almal kan aansluit! Ons werk hard en help mekaar om beter te word. Vanjaar het ons landloop met ‘n gelukkige en positiewe gesindheid begin. Ons het 63 studente gehad wat aangesluit het, wat dubbel die getal van verlede jaar is. Ons het selfs die jongste studente, genaamd graad R’s, verwelkom om in ons span te wees. Elke week ding ons teen ander skole mee en doen altyd baie goed. Ons studente eindig onder die top 20 in hul ouderdomsgroepe. Dit wys hoeveel hulle oefen en hard werk. Met hierdie positiewe gesindheid sal ons studente selfs meer bereik. Hierdie sport leer ons om gedissiplineerd en respekvol teenoor ander te wees. Elke week is al die studente wenners net deur die wedloop te voltooi.

Rissies-landloop wat reeds in die tweede kwartaal begin, dien ook as goeie voorbereiding vir die ligas in die derde kwartaal. Atlete neem deel aan 4 Ligas en kan dan kwalifiseer vir die D7 kampioenskappe. Landloop het gewoonlik baie deelnemers van verskeie skole en om in die top 30 te beland is uitdagend! Ons spog in 2023 met 29 leerders wat deurdring om deel te neem aan hierdie kampioenskap.

Hokkie

Risiville-Hokkie het in 2023 naby aan n perfekte hokkie jaar gehad.

Ons seuns en dogters eerste spanne wen die Trio Super 8 assook die D7 liga. By Suid Gauteng behaal die dogters eerste span 2de plek en die seuns stap weg as wenners en verower ook n sesde plek by Champ of Champs toernooi.  

Die ander spanne wat hulle onderskeie ligas’s gewen het is Dogters 2des en 0/11B asook Seuns 2des en 0/11A

Krieket

Krieket was weereens’n hoogtepunt op die skool se kalender.

Beide ons 0/11 en 0/13 spanne wen die jaarlikse Super 8.

Uit die vier ligas palm ons krieketmanne drie in.
0/11B, 2des, 1stes – WENNERS
0/11 A – Naaswenners

Ons eerstespan het aan twee aandreekse deelgeneem, en behaal vierdeplek by Jan Cilliers aandreeks By Hoërskool Garsfontein Aandreeks wen ons 0/12 span die aandreeks teen spanne soos Lynwood, Garsfontein en Constantiapark.

Tennis

Laerskool Risiville presteer ook op die Tennis gebied en lewer dus goeie resultate die jaar met die 0/11A span wat 2se eindig in die liga en die 2de span wat 3rde eindig. 

Kinders wat jonger is word ook dus blootstelling gegee en word ook ontwikkel as voorleier vir die begin van tennis op 0/11 vlak.

Scroll to Top