Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Uit die hoof se pen
Uit die Hoof se pen - Mnr. Marius Willemse

Ons Hemelse Vader vertrou deur Sy wonderlike genade die béste skool - Laerskool Risiville, aan my toe.

Dis nie net 'n groot eer nie, maar 'n onbeskryflike voorreg om te weet dat u kinders deur Hom aan my en my sterk personeelkorps toe vertrou word.

As opvoeders besef ons terdeë die verantwoordelikheid aan ons opgedra.  Met die nougesette samewerking van ons Beheerliggaam, die Onderwysdepartement en elke ouer van die skool, is dit moontlik om dié spogskool te lei tot nog beter prestasies.

Ek is aangenaam verras en oorweldig vanaf my eerste kennismaking met die Risiville gemeenskap.  Ek wil elke Rissie graag persoonlik leer ken.

Van nou af gaan dit nie meer oor die nuwe skoolhoof nie, maar dis nou dié tyd dat ons saam staan en hande vat en alles sentreer om die ontwikkeling van elke individuele kind.

U volgehoue ondersteuning en gebede sal my instaat stel om Laerskool Risiville opreg te bedien en daagliks waarde toe te voeg tot alle Rissies.

Mag God ons ryklik seën!

Vriendelike groete 
Marius Willemse
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus