

Waar die mielies eers gegroei het
in hul prag van groen en geel,
het verrys ons Alma Mater:
Dis Risiville se skool.
Met die kragbron in die verte,
die helder son wat lag,
met die waterryke strome,
hier kan ons veel vermag!
Ons is eerlik in ons wandel,
doen daagliks wat ons kan.
Op sportgebied ding ons mee
en elkeen staan sy man.
Elkeen doen dan sy plig getrou
deur studie en harde werk.
Met ons leuse as ons strewe:
Kennis is krag!
in hul prag van groen en geel,
het verrys ons Alma Mater:
Dis Risiville se skool.
Met die kragbron in die verte,
die helder son wat lag,
met die waterryke strome,
hier kan ons veel vermag!
Ons is eerlik in ons wandel,
doen daagliks wat ons kan.
Op sportgebied ding ons mee
en elkeen staan sy man.
Elkeen doen dan sy plig getrou
deur studie en harde werk.
Met ons leuse as ons strewe:
Kennis is krag!