
Leierskap gaan absoluut oor dienslewering. Leiers moet diensbaar wees teenoor hulle mede-leerders en altyd 'n goeie voorbeeld stel in skooltyd, op die sportveld, in die klaskamer asook buite die skool. Jy moet ten alle tye jou skool se naam hoog hou. By die skool word die Leerlingraad onder 'n vergrootglas geplaas, so die voorreg bring ook groot verantwoordelikhede. Leiers word aan strenger standaarde gemeet en jy moet altyd probeer om reg op te tree. Saam met dit moet 'n leier 'n goeie prater en doener wees. Daar is sekere pligte en opofferings soos diensbeurte voor skool en in pouses, asook dienslewering by sportgeleenthede.