Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Tennis
Laerskool Risiville se tennisspelers het nog altyd uitstekend presteer. Leerders neem deel aan 'n rondomtalie wat dien as proewe om ons skool se tennisspanne te bepaal.
Enige leerder wat wil tennis speel kan inskryf, inskrywings word volgens ouderdomsgroepe rangskik en leerders speel dan teen mekaar.

Laerskool Risiville motiveer tennisspelers om by voltydse professionele tennisafrigting betrokke te raak. Name en kontakbesonderhede van hierdie afrigtingakademies kan by die sportkantoor gekry word.

Rissies spog met 3 tennisspanne wat aan die plaaslike liga deelneem.
Daar word 'n Oop A-span, 'n Oop B-span en ‘n o/11 span gekies.

Spanne is gemeng, d.w.s seuns en dogters is welkom om aan die rondomtalie deel te neem.
Die leer van spanne word tydens proewe bepaal, spelers kan mekaar egter uitdaag tot uitspeelwedstryde om posisie van leer te bepaal.

Die skool beskik oor belowende spelers wat die standaard van Laerskool Risiville se tennis op ‘n hoë vlak handhaaf. Spelers werk saam met mekaar, leer by mekaar en ontwikkel in kennis en vaardighede van die spel.

Rissies se tennis speel jaarliks in die SUPER 8 tennisreeks teen krag skole soos Leeuwenhof, Goudkop, Lichtenburg, Jordania, Brits, Kroonheuwel en La Hoff.

2019 se reekswenners sal 16-17 September by La Hoff in Klerksdorp bepaal word.

Risiville spog met 2 splinternuut oorgedoende tennisbane.
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus