Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Rugby
Die afrigterskorps van Laerskool Risiville glo dat rugby 'n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdertyd hulle emosioneel en fisies sterk maak. Rugby is ʼn sport waar seuns van respek, spanwerk, karakter bou, konsentrasie, kompetisie en genot kan leer. Ons streef daarna om die seuns maksimaal betrokke te kry en geleentheid te bied om met die bal te speel en om sy individuele vaardighede te ontwikkel.

Rissies se rugby is kookwater.!!! Ons speel in die Valke Sedibeng Super/A – Liga.
5 spanne word in die Liga ingeskryf naamlik: o/9, o/10, o/11, 13B (2de span) en die 1ste span.

Ons seuns word reeds in graad 2 (o/8) blootgestel aan die 15-man spel. Wedstryde vir o/8 15-man is slegs vriendskaplik.

Ons Mini-Rugby bulletjies speel vanaf o/6 – o/8 in die 7’s formaat duikrugby. Daar word talle Mini-Sportdae in die omgewing gehou waar ons mini-rugby seuns in hulle massas deelneem.

Ouers is betrokke by die afrig en organiseer van ons mini-rugbyspannetjies. Die Sportbestuurder en Rugbyorganiseerder stel die oorhoofse plan en strategie op waarvolgens ons van o/6 vlak af speel. Hierdie skep ‘n samehorigheid tussen spanne en afrigters en maak die Rissie Rugga Brand die krag wat dit is.
Rugby- toere en kampe word vir ons seuns gereël wat dien as effektiewe voorseisoen voorbereiding. Afrigters vergesel die seuns waar hulle die tyd optimaal benut om ‘n vuurvaste broederskap te vorm. Die 1ste span rugbytoer na George is ‘n hoogtepunt waarvoor elke jong Rissie rugbyspeler hard werk om eendag deel te wees van daardie onvergeetlike geleentheid.

Laerskool Risiville spog met 11 Valke rugbyspelers vir 2018.
Verder het ons 3 van die 5 ligas in die Valke Sedibeng Super afdeling gewen.
(sien PRESTASIES afdeling vir meer hieroor)

Rugbywedstryde vind in die week plaas op Dinsdae of Donderdae afhangende van die betrokke skole se kalender. Ons neem deel aan verskeie aandreekse, rugbydae en reekse ter voorbereiding vir die liga. Ons bied ook ‘n Sportdag aan waar ons teen Mooirivier van Potchefstroom die stryd aan durf.

Die SUPER 8 rugbyreeks word deur Risiville geteiken as die reeks waar ons WIL suksesvol wees. Hier speel ons teen sterk kompetisie, skole wat in die hoë gewig kategorie baklei… In 2018 wen 2 van ons 4 spanne die reeks.
Super 8 bepalings vir 2019: 12-13 April by Kroonheuwel.
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus