Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Netbal
Laerskool Risiville bied ons dogters die geleentheid om in die veld van netbal te ontwikkel, te presteer en 'n liefde vir die sport te kweek. Ons afrigters se entoesiasme en bereidwilligheid spreek van hulle passie vir die spel. Netbal word aangebied vanaf Graad R tot Graad 7, waarvan daar 10 Mini-netbalspanne (onder 6 tot 9) en 8 spanne (onder 10 tot 13) is.

Die 8 seniorspanne word ingeskryf in die Sedibeng A-liga. Daar word ook netbal klinieke, 'n oefenkamp en jaarlikse toere gereël. Risiville kan met trots spog dat verskeie leerders ons jaarliks verteenwoordig in die streekspanne en sommige van hulle is al in provinsiale spanne opgeneem. Elke jaar is van die spanne liga- en streekswenners (sien PRESTASIES afdeling vir meer hieroor).
Verskeie spanne neem deel aan die Gauteng uitspeel rondtes.

Deelname aan Mini-netbal is vanaf o/6 tot o/9. Mini-netbal fokus meestal op vaardighede, pret en deelname. Ons neem deel aan talle skole se Mini Sportdae wat op Saterdae plaasvind. Verder word wedstryde ook in die week gereël om ons dogtertjies die nodige speelkans te laat geniet.

Die SUPER 8 Netbalreeks vind in 2019 vanaf 12-13 April by Laerskool Kroonheuwel in Kroonstad plaas. Ons dogters sal hier teen sterk opposisie te staan kom wat insluit: Kroonheuwel, Leeuwenhof, Lichtenburg, Brits, Goudkop, Jordania en La Hoff.
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus