Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Mini sport

2018

Dit was ‘n geweldige goeie jaar vir mini sport.  Ons het ‘n totaal gehad van 310 seuns en dogters wat deelgeneem het aan netbal, hokkie, rugby en krieket.  Mini sport is vanaf Gr R tot Gr 2 vir rugby, Gr R tot 3 vir netbal, Gr R tot 3 vir krieket en Gr R tot 4 vir hokkie.

  • Vir die dogters was daar 4 tot 5 geleenthede vir wedstryde, Woensdae of Sat in Mei maand.
  • Rugby 4 Saterdae in Mei.
  • Hokkie 3 Donderdae in Augustus.
  • Krieket was ‘n besige seisoen met 6 wedstryde wat begin het in Augustus en 15 September afgesluit het met die groot KFC dag wat gehou was by NWU.
 
Ons is baie dankbaar vir ons borge vir die seuns se nuwe krieket hemde.
Volgende jaar sal die netbal, rugby en hokkie ook die voorreg hê om met splinternuwe klere te speel, danksy ons borge en die hardewerk van Leon Labuschagne.

Op Donderdag 20 Sept is die mini sport prysuitdeling waar die kinders erkenning sal kry vir deelname.

Baie dankie vir die voorreg om deel te kan wees van mini sport.  Dit groei net elke jaar, kinders se vaardighede verbeter, maar die belangrikste van alles is – hulle geniet dit, nuwe vriendskapsbande word gesmee en elke seuntjie en dogtertjie voel hulle hoort iewers en hulle is deel van ‘n span!!
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus