Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Landloop
Laerskool Risiville het 'n aktiewe landloop program. Die atlete begin jaarliks na afloop van die rugby- en netbalseisoen oefen vir die landloopseisoen wat tydens die derde kwartaal plaasvind.

Daar is geen beperking op die aantal atlete wat aan die byeenkomste mag deelneem nie en enige leerling wat belangstel is welkom om saam te kom oefen. Ons het jaarliks 'n groep wat fluks kom saam oefen en aan die byeenkomste deelneem.

Rissies is trots op ons landloopafrigters en duidelik is hulle ook trots op ons landloop. Ons leerders geniet nie net puik afrigting nie, maar leer ook van deursettingsvermoë, uithouvermoë en om altyd hulle beste te gee. Talle atlete kry ook privaatafrigting om hulle passie vir die sport tot die beste te beoefen.
  • Die landloopseisoen skop in Augustus af. Daar word jaarliks 3-4 vriendskaplike byeenkomste en die D7-kampioenskap aangebied. Atlete wat in die top 10 in hul onderskeie ouderdomsgroepe algeheel in hierdie drie byeenkomste eindig, word dan in die Rissie D7-span opgeneem wat aan die D7-kampioenskappe deelneem. Indien 'n atleet tydens die D7-kampioenskappe onder die top ses eindig kwalifiseer hy/sy dan om aan die Gauteng-kampioenskappe deel te neem.

  • Daar is talle opwindende geleenthede in die nabye toekoms. Ons wil hierdie langasem sport verder ontwikkel en aanmoedig omrede ons glo dat dit die gesondheid en welstand van ons leerders bevorder. Verder word leerders ook aangemoedig om aan pretdrawwe wat in die omgewing aangebied word, deel te neem.
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus