Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Krieket
Laerskool Risiville se krieket gaan jaarliks van krag tot krag… Met die opgradeer van ons krieketfasiliteite (nuwe 3 strook turf kolfblad, sync-cricket nette, palisade hekkies vir toeskouers/voetgangers se gerief, netbedekking teen palisades reg rondom die krieketveld en ‘n turf kolfblad netfasiliteit) is ons baie opgewonde oor die toekoms van Risiville se krieket.

Ons neem deel aan die Sedibeng streek se A-afdeling skoleliga. Inskrywings in die liga is as volg: 0/13A (1ste) span, 0/13B (2de) span, 0/11 A en B spanne asook die 0/9 A, Blou en Rooi spanne (0/9 liga = vriendskaplik). Gedurende die Junie/Julie vakansie toer ons met ons o/11- en 1ste spanne om voorseisoen voorbereiding en wedstryde te geniet. Dit dien as uitstekende voorbereiding vir die liga wat in die derde kwartaal plaasvind.
Laerskool Risiville speel in die SUPER 8 krieketreeks. Hier behaal ons jaarliks sukses teen sterk mededingende skole. Die Super 8 krieketreeks vir die 2019 seisoen is as volg:

0/11 A span – Laerskool Goudkop – 26/27 Julie 2019.
0/13 A (1ste) span – Laerskool Lichtenburg – 2-3 Augustus 2019.

Mini-krieket is die eerste voorsmaak van krieket vir al die aspirante jong seuns. Die o/6 – o/8 seuns geniet die spel en leer om as ‘n span saam te werk. Hulle leer die basiese van krieket soos boul-, kolf- en veldwerk. Mini-Krieket se doel is om die seuns die nodige tegnieke en vaardighede te leer om sodoende die spel te verstaan en gereed te wees vir die harde-bal formaat.

Mini-krieketdae: Vier-Vyf Saterdae in die 3de kwartaal. Oefensessie word deur die ouers behartig onder leiding van die Sportbestuurder en Krieketorganiseerder. Oefening is op die B-rugbyveld.
Rissies speel hardebalkrieket van o/9 vlak. Graad 1-3 leerders kan aan die o/9 Hardebal Liga deelneem. Hierdie is slegs ‘n vriendskaplike liga en vind in die 4de kwartaal plaas.

Daar is ‘n krieketakademie wat reg deur die jaar deur 3 van ons manspersoneel gedryf word. Seuns kan hier privaatafrigting geniet.

Verder word krieketklinieke gereël om die seuns verdere blootstelling te gee op die speelveld.

Krieketdrag: Blou kortbroek met rooi-Rissie golfhemp, navyblou kouse en skool krieketpet.
Daar word soms voorsiening gemaak vir klere aan van die senior spanne deur borge en donasies wat ontvang word.

Laerskool Risiville bied ook met TROTS die TOPFIX SPL T20 krieketreeks aan wat aan 96 seuns reg oor die Sedibeng streek die geleentheid bied om in gemengde spanne in ‘n 0/11 en 0/13 ouderdomskategorie kragte te meet. Spanne word deur eienaars besit en elke eienaar kies vir hom/haar ‘n afrigter. Die Sedibeng Premier League het vanjaar sy 4de suksesvolle reeks voltooi en gaan in 2019 net groter en beter word.

Rissies spog met 3 Sedibeng afrigters en 11 Sedibeng spelers by ons skool. 2 van die seuns word in 2018 vir onderskeidelik die Gauteng o/12 en o/13 spanne gekies. Rissies spog ook met ‘n Gauteng krieketdogter wat ‘n eerste is vir ons skool. Hierdie is merkwaardige prestasies.!!!
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus