Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Hokkie
Laerskool Risiville bied ons seuns en dogters die geleentheid om aan hokkie deel te neem vanaf `n baie vroeë ouderdom. Ons Graad R – 4 leerders neem deel aan ‘n reeks mini-hokkie dae om sodoende speelvaardighede te ontwikkel en `n liefde vir die sport te kweek. Die mini-hokkie fokus meestal op vaardigheid, pret en massa deelname.

Rissies spog met 8 senior hokkiespanne wat aan die Sedibeng D7 liga deelneem. Hierdie spanne sluit in: Seuns en Dogters 1ste en 2de spanne, 0/11A en 0/11B spanne.
Ons kan verder spog met verskeie leerders wat ons jaarliks verteenwoordig in die D7 streekspanne.
Die jaarlikse hokkietoer is verseker ‘n hoogtepunt vir die spelers en afrigters. Rissies se 1ste seuns en dogters spanne gaan op die toer. Tydens hierdie toere word afrigtingsklinieke aangebied, wedstryde teen sterk kompetisie gespeel en is daar hope tyd vir pret en plesier.

Rissies is trots op ons puik hokkieafrigters wat ure se tyd en moeite insit om vir ons leerders die beste afrigting, ondersteuning en aandag te gee.

Die SUPER 8 hokkiereeks word in 2019 deur Jordania (Bethlehem) aangebied en vind vanaf 6-7 September by Jordania Primêr plaas. Rissies se 1ste Seuns & Dogters spanne neem aan die Super 8 hokkiereeks deel…
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus