Tel: 016 423 1136   Faks: 086 508 6180   Epos: hoofrissie@mweb.co.za

Atletiek
Die fondasie vir Laerskool Risiville se sportsukses word vroeg in die jaar reeds gevestig wanneer die atletiekseisoen afskop… Ons is baie trots op die atletiekprestasies wat ons jaarliks behaal. Rissie atlete word geslyp deur gemotiveerde skool- sowel as buiteafrigters. Tydens ons plaaslike byeenkomste presteer ons atlete baie goed. Risiville kan met trots spog dat verskeie leerders ons jaarliks verteenwoordig by die Gauteng Kampioenskappe en selfs by die SA-Kampioenskappe.

  • Ongeveer 140 atlete word in die Skoolspan opgeneem vir deelname aan die Vereeniging Oos Interlaer Atletiekbyeenkoms.
  • Vele atlete word jaarliks in die Vereeniging- en D7-span opgeneem, om aan die Gauteng kampioenskappe deel te neem.
  • Ons atlete kwalifiseer op ʼn gereelde basis om aan die Nasionale SA-kampioenskappe deel te neem. In die afgelope paar jaar spog ons met talle goue medaljes (SA kampioene) in verskeie items. (sien PRESTASIES-afdeling vir meer hieroor).
Atlete begin jaarliks in die 4de kwartaal met oefeninge ter voorbereiding van die volgende jaar.

Ouderdomsgroepe vanaf Graad R tot en met Graad 7 neem deel aan die byeenkomste.

Die SUPER 8 atletiekbyeenkoms is die hoogtepunt op ons atletiekkalender. Hier neem ons saam met 7 ander uitmuntende skole deel om te bepaal wie die Super 8 atletiekkroon sal dra.

Risiville se atletiek is PUIK!!!
Kontak Ons
Image
T | (016) 423 1136  F | 086 508 6180  E | info@laerskoolrisiville.co.za  A | H/v Aidastr & Marielaan, Risiville, Vereeniging, Gauteng
divider
Follow us on Facebook     Volg ons op Twitter     Volg ons op Google Plus