Kultuur

Kultuuraktiwiteite soos koor, redenaars, drama, musiek en kuns speel ‘n deurslaggewende rol by Laerskool Risiville.

Die Koor help studente om die vreugde te ontdek om hul stemme te harmoniseer en ‘n gevoel van eenheid te skep, terwyl Redenaars hul kritiese denke en kommunikasievaardighede verskerp. Drama en Kuns bied afsetpunte vir verbeeldingryke uitdrukking, en moedig studente aan om hul emosies en idees te verken. Musiek kweek ‘n waardering vir uiteenlopende kulture en die krag van klank.Hierdie kulturele strewes dra by tot die ontwikkeling van afgeronde, sosiaal-bewuste individue, wat die opvoedkundige reis by Laerskool Risiville verryk.

Laerskool Risiville bied hulle eerste kultuuraand aan op 15 Augustus 2023 en was n groot sukses. By hierdie geleentheid kry al die leerders wat deelgeneem het by die kunsfees wat ń A++ ontvang het om hulle talent vir hulle maats en ouers te kom wys. Risiville het defnitief die mees talentvolle leerders in die Vaaldriehoek en by die geleentheid was dit oor en oor bewys van sing, dans voordrag tot drama items. Hierdie is nou ń instelling by ons skool en ons sien uit na die jare vorentoe.

Die koor het verskeie optredes gehad.

In 2019 het die koor op die Televisie verskyn.
Koor tree op saam Onbeskaamd in 2019.
In 2022 tree koor op saam Nadine Blom.

In 2023 behaal jnr en snr koor A++ by die kunsfees.

Snr koor behaal high gold tydens Talent America kompetisie.

Scroll to Top