Akademie

Grondslagfase

Klein klasse vorm die kern van onderrig by Laerskool Risiville . Die Grondslagfase is geen uitsondering nie. Die standaard van onderrig in ons grondslagfase is van hoë gehalte en stel elke kind in staat om sy optimale potensiaal te bereik. Ons streef na persoonlike onderrig met gefokusde en individuele aandag.

Die Grondslagfase beskik oor kindervriendelike onderwyseresse wat die Christelike etos en waardes van die skool onderskryf en uitleef.

Indien ‘n leerling spesifieke addisionele ondersteuning benodig verwys die klasonderwyseres die leerlinge na persone wat elk in ‘n spesifieke veld van leerling-ondersteuning spesialiseer.

Gehalte onderwys in gespesialiseerde areas soos Rekenaars en Kinderkinetika word deur vakspesialiste aangebied vir Graad R tot 3 een keer per week.

Laerskool Risiville fasseer die aanleer van Sesotho van graad 1 in. Met die leer van liedjies en rympies en groepsgesprekke leer ons grondslagfase Sesotho op ‘n prettige manier aan as verryking. Hierdie is ‘n weeklikse hoogtepunt!

By Laerskool Risiville word ‘n gebalanseerde ingesteldheid tot studie, sport, kultuur en leierskap aangewakker.

Scroll to Top